Monday, 18 April 2011

Die wonder van ontdek

Ontdek is een van die wonders van hierdie lewe, dink maar net aan `n klein kindtjie wat alles vir die eerste keer ontdek, elke nuwe ontdekking is soos `n wonderwêreld wat vir hom\haar oopgaan, en hierdie ontdekking word deur elke sintuig ervaar.

Wanneer ons ouer word dan kan dit vir ons lyk asof hierdie ondekkings minder word of selfs eindig, maar dit hoef glad nie die geval te wees nie, ontdekking lê opgesluit in jou self, dit word ontsluit deur die begeerte om te leer en jou horison te verbreed, dink maar aan `n kind wat alles beproef en ondersoek, bv. die eerste ding wat hulle gewoonlik doen is om iets in die mond te druk, hoekom ? hulle wil ontdek wat is opgesluit in hierdie voorwerp en die beste manier is om die sintuie te gebruik om hierdie ontdekkings te maak.

Wat weerhou ons van nuwe ontdekkings ? Wel daar is `n paar faktore wat ons kan terughou van nuwe en wonderlike ontdekkings, een van hierdie faktore is byvoorbeeld vrees, vrees vir die onbekende, vrees om buite jou verwysingsraamwerk te beweeg, ons kan so maklik vasgevang word in ons eie klein domein dat ons vergeet daar is `n woderwêreld van ontdekkings en ervarings buite ons eie opgestelde raamwerk van dink, smaak, doen ens.

Dink byvoorbeeld aan nuwe kos- smake, dikwels wil ons nie buite hierdie smaak raamwerk beweeg nie omdat ons glo dat dit waaraan ek gewoond geraak het vanaf my kinderdae, die alfa en omega is, as ons nie  aan`n nuwe onbekende vrug gaan proe nie, gaan ons nooit weet watter nuwe wonderlike smake daarin opgesluit lê nie.

Dit is so belangrik dat ons buite hierdie vooropgestelde idees en raamwerk beweeg, ons moet bly dink, bly proe, aanhou om nuwe idees en gedagtes te ontwikkel, nuwe plekke te ontdek. Daar lê `n woderwêreld vir ons en wag en dit is binne elkeen se bereik, dit is vermoens wat God vir ons gegee het, dit is wondelike sintuie waarmee ons toegerus is. Kom ons breek uit, kom ons ontdek weer nuwe dinge, nuwe smake, nuwe plekke.

Gesels later verder

Groete Adriaan

1 comment: