Marcel Proust
Is dit nie so waar nie, om te ontdek moet ons met nuwe oë na die wêreld om ons kyk en ons sal die wonder van God se skepping in die natuur raaksien en waardering hê vir dit wat ons sien.
Dag 3 : Swansea tot by Coles Bay
Ons verlaat Swansea met `n lus vir die dag wat voor ons lê, tot op hierdie stadium van ons reis was ons redelik passief en dit was tyd vir `n behoorlike stap om van al die energie ontsla te raak en om nader aan die natuur te kom.
Ons maak `n vinnige draai in Coles Bay, maar ons doel is om die Freycinet Nasionale Park te gaan ontdek. Freycinet Nasionale Park is vernoem na die Franse Navigator Louis de Freycinet en is `n skiereiland met spierwit strande en graniet berge.
Die uitkykpunt gee vir ons die groter prentjie van die omgewing en ons verkyk ons aan die wonderlike natuurskoon.
Die roete wat ons gaan stap is die "Wineglass Bay Lookout" roete en ons val in die pad, die roete is redelik maklik en goed gemerk, en ons vorder vinnig tot by die uitkykpunt, by Wineglass Bay uitkykpunt word ons oorweldig deur die fantastiese uitsig, beslis een van die mooiste plekke op my lysie.
En nie sonder rede nie, die Amerikaanse tydskrif "Outside" het Wineglass Bay aangewys as een van die top tien strande in die wêreld.
Uitsig oor Wineglass Bay vanaf uitkykpunt
Die uitsig was great, maar om kaalvoet op die strand te loop was eers lekker, spierwit sand en blou water.
Hazards Strand met Refuge Island in die verte
Die swartmossels roep ! Op pad na ons oornagplek was daar `n swartmossel-plaas en ons kon nie daar verbyry nie. En toe eet ons swartmossels in tamatie-puree saam met vars brood in die Coles Bay conservation area.
Net ons die see en die mossels.
Groete tot later.
Adriaan
Net ons die see en die mossels.
Groete tot later.
Adriaan
No comments:
Post a Comment