Dag 3: Tasmanië : Port Arthur tot by Swansea
Dag drie begin met koffie en `n uitsig oor die Tasman skiereiland voordat ons die pad vat die onbekende in, ons roete is die Tasman hoofweg ons rigting is noord al langs die oostelike kus van Tasmanië op met die Tasman see aan ons regterkant terwyl ons toer.
Die wêreld hierlangs het meer afgeplat en die berge lê in die verte maar die natuurskoon bly mooi veral met die ongerepte natuur en see en veral die feit dat daar relatief min ontwikkeling is maak dit baie mooi, op ons roete het ons weer deur Sorell gery daarna Triabunna en by Swansea het ons besluit dit is waar ons gaan oornag.
Kreef en `n kampvuur op die strand by Swansea :
Op die hoofroete by Swansea op die hoek van Maria weg en die Tasman hoofweg sien ons die Sea Food Cafe en ons besluit net daar om later terug te kom vir seekos. Ons kry `n staanplek by die Swansea caravan park en bsluit om daar te anker vir die nag.
Ons staanplek was op die baai met `n lieflike uitsig oor die see en veral die sonsondergang was asemrowend mooi.
Ons stap later langs die see maar ons gedagtes was by die seekos en teen hierdie tyd was ons lekker honger en ons stap sommer na die Sea Food Cafe, daar was baie lekker vars vis maar `n reuse kreef trek ons aandag en besluit net daar om kreef te braai vir aandete.
Uitsig oor die "Great Oyster Bay"
Daardie aand maak ons `n kampvuur op die strand en braai die kreef oor die kole, Suid Afrika styl, wat `n plesier, ons het tot laat gekuier en die stilte en natuur geniet.
Die volgende oggend het hierdie sonsopkoms ons gegroet
Ons volgende bestemming was Coles Bay maar daaroor kuier ek volgende keer.
Groete Adriaan
No comments:
Post a Comment