Dag 6: Beauty Point tot by die Cradle Mountains
`n Nuwe dag van ontdek lê voor ons en die motorwoonwa moet beweeg !
Een van die grootste verrassings van hierdie dag was om twee totaal onbekende diere, binne ons verwysingsraamwerk, te ontdek.
Die Platypus en die Echidna.
Ons eerste stop is by Platypus House.
Die Platypus is `n Australiese soogdier met `n vlesige bek, soos `n eend, met `n donkerbruin pels, vyftonige gewebde pote en `n breë plat stert, wat anders as die meeste soogdiere eiers lê. ( Ornithorhynchus anatinus) `n redelike mondvol. Wel een ding is verseker `n mens is nooit te oud om te leer nie !
Die Echidna is soos `n klein krimpvarkie.
Dit is tyd om aan te beweeg van vreemde diere na lekker eetgoed en daar is twee nuwe plekke om te ontdek en `n paar smaak sensasies wat op ons wag !
Die pad lei ons, of is dit die honger, na twee plase, die eerste een Ashgrove Cheese waar baie spesiale kase gemaak word en waar ons weglê aan al die tipe kase en wat ons gratis kon proe was `n wenner. En die bont koeie was baie interresant, wat van aarbei-melk direk uit die speen ?
Met `n paar tipes kase in die mandtjie is ons gereed vir die volgende proe-sensasie en dit is presies wat ons by die Rasberry Farm Cafe` ervaar het, vars rasberries en roomys vir ontbyt, dit is mos die lewe.
Met die smaak van vars aarbeie in die mond is dit tyd om die pad te vat berge toe.
By die Cradle Mountains begin dit te reën en kon ons eintlik baie min van die natuur geniet maar `n lekker kaggelvuur met Ashgrove se kaas en lekker eetgoed het opgemaak.
Ons slaap in die berge en goeie geselskap daarmee saam is al wat tel.
Groete tot later
Adriaan

No comments:
Post a Comment