" It is good to have an end to journey toward, but it is the journey that matters in the end"
Ernest Hemmingway
Elke deel van `n land het sy eie bekoring en dit is nie altyd die indrukwekkende waterval of die hoogste berg nie, maar die eenvoud van `n uitgestrekte grasveld en die stilte van `n afgeleë vlakte wat die grootste bekoring inhou. Wat ons in Tasmanië ervaar het was `n nuwe ontdekking van diversiteit in natuur en mens.
Ons vertrek vanaf Strahan met `n swaar hart en vat die pad Queensland toe, die omgewing verander nou vinnig en plat meer af, uitgrestrekte grasvelde en bloekombome wat die agterhoede dek is algemeen.
Die verskeidenheid van plantegroei en leefwyse van mense in Tasmanië is wat dit so interresant maak om hierdie eiland te toer, ons kon elke dag sien hoe die omgewing verander en ook besluit waar ons gaan kamp en watter roete ons gaan volg.
Ons besluit om die laaste nag in die Freicenet National Park te gaan kuier. Op pad na die park is daar natuurtonele wat wissel van grasvelde , berge en mere. Hierdie binnelandse meer met bome omring, wat reeds hulle herfsdrag begin aantrek het,was baie spesiaal.
Die indrukke op toer soos hierdie is blywend en lank nadat die reis tot `n einde gekom het word elke spesiale indruk wat nie alltyd deur `n foto tot sy reg kom nie, gebruik om die hele reis weer oor te beleef.
Freicenet National Park
Wat `n afsluiting na `n woderlike toer deur Tasmanië, die park verras ons met sy reuse bome waaronder ons kon kamp opslaan. ons het ook die voorreg gehad om `n Platepus in die natuur te sien, `n vreemde soogdier wat min mense die geleentheid kry om in sy natuurlike habitat te sien. Na `n staptoer deur die woud met nog groter bosreuse is dit ons laaste aand in ons gehuurde motorhuis, wat `n toer ! wat `n ervaring ! en ek kan net afsluit met hierdie woorde:
" We live in a wonderful world that is full of beauty, charm and adventure. There is no end to the adventures we can have if only we seek them with our eyes open." J Nehru
No comments:
Post a Comment