Wednesday, 27 November 2019

Desember vakansie op Stilbaai


Voor opstaan

Daar hang `n doodse stilte oor die Lootsies se Stilbaai vakansiehuis. Behalwe natuurlik oupa Adriaan wat besig is met sy eie oorlog in die kombuis, of dit is soos dit klink, Oupa Adriaan ken nie van laat slaap nie, dit is een van die dinge wat in hom ingedril is van sy kindsdae af, en al probeer hy, kry hy dit net nie uit sy lyf nie.
Hy het op `n plaas grootgeword waar dinge so gebeur het, Sy eie pa was ook so `n vroeë mens, dit loop in die familie, vir hulle is laat slaap net vir lui mense, of so glo hulle. Die proses hoe oupa Adriaan wakker geword het op die plaas as kind was met krag en geweld, hy het gewoonlik regop gespring van een of ander geweldadige klank wat deur die huis gedruis het, gewoonlik `n langspeelplaat met marsmusiek op wat klink of die dromslaner finaal met  die dromme voor hom moes afreken.
Sy hele verwysingsraamwerk was so opgebou en waar sy pa opgehou het,het die weermag verder die fondasies van vroegopstaan gelê. So niemand kan hom kwalik neem vir hoe hy is nie, alhoewel hy vas oortuig is dat niemand hom verstaan nie.

Koffie

Die ketel, van die soort wat fluit, begin met sy fluit soos `n weermag sersant wat sy troepe tot aandag oproep, oupa Adriaan storm nader en lig die ketel van die stoof af op, hy maak eers vir homself koffie, dit is deel van sy oggend ritueel, hy kry vir hom `n beskuit saam met die koffie want aan die begin van die vakansie is die koekblikke nog oordadig vol .Na die derde beskuit is hy reg vir aksie, nou moet almal begin beweeg en skielik anders raak hy omgekrap, en vir diegene wat dan eers wakker word voel hy vere.
Op Stilbaai werk dit so, die wind is stil in die oggend en begin gewoonlik later eers optel,  oupa Adriaan se missie is om almal wakker te kry, maar eers moet hy stilte tyd hou,dit help in elkgeval om sy gemoed vir die dag reg te kry en die tyd om te kry voordat die kinders en kleinkinders begin beweeg. Dit is vir hom die moeilikste tyd van die dag, veral wanneer die kinders hier kuier.
Een metode wat hy gebruik is om meer luidrugtig te raak soos die oggend aanstap, maar dit werk nie altyd nie, as Gauteng sê moegheid jou eers oorval het, los hy jou nie sommer nie.

Die groot trek uit Bronkhorstspruit       

Pa Hennie, die oudste seun in die gesin, die stressvraat in die familie, probeer sy Gauteng stress afslaap na `n moeilike jaar op die plaas en by die werk, hy is ook een van die mense wat glo dat hy die hele wêreld se probleme op sy skouers moet dra en ly aan `n oordrewe sin van verantwoordelikheid.
Net die jaarlikse groot trek af Stilbaai toe is `n storie op sy eis en dit eis ook sy tol op Hennie en Sy gesin. Hennie glo nie aan oorslaap nie en as die die Fortuner se neus eers Suid gedraai het is daar nie keer aan hom nie, dan is dit see toe, Stilbaai toe, waar die vrede en stress-faktor so te sê nul is.
Die pak opsig self is ook maar `n storie want daar is hopeloos te veel goed vir die Fortuner. Vier dogtertjies in die gesin maak dit ook nie maklik nie, veral noudat hulle begin groot word en die mode sy gang begin gaan. Die tasse word elke jaar al groter en die klere al meer, wat help is die somer kleertjies, die is  darem skrapser en vat minder plek.

Opstaan 

Die eerste voetstappies kom die trap op, Leone die derde dogtertjie in die gesin is die boekwurmpie in die gesin. Leone is ook die een met die mooi dimpels en haar skaam glimlaggie lok die dimpels uit tot volle potensiaal, sy staan ook eerste soggens op. Sy kies dadelik koers boeke toe. Oupa stop haar net daar in haar spore  ” Kry ek dan nie eers `n ou drukkie vanoggend nie” skaam kom sy nader en gee haar oupa so `n halwe druk.
Die slaap is nog maar in die ogies en sy is nog nie heeltemal wakker nie. Sy vat haar boek en begin dadelik lees aan haar vakansie storie.

                            
Hierna volg Hennie “more pa “se hy, en gaan sit en wag vir sy koffie. Koffie maak op Stilbaai is nie net sommer van kits koffie, en siedaar nie, dit is `n proses. Eerste word die vars koffiebone gemaal terwyl die water kook, die melk word geklits tot skuim en dan eers word die koffie geskink, soos oom Jan altyd gesê het “ryk en lekker”
Hennie lyk al beter van die Stilbaai seelug hom beetgekry het, die stress in sy moë lyf begin wyk voor die ontspanne atmosfeer van die seehuis. Stilbaai het maar `n manier om met `n moeë lyf te werk en hom weer sag te maak.

Ouma Ria, is nie `n oggend mens nie en sy word eers regtig wakker `n halfuur nadat sy opgestaan het, `n koppie tee in die bed help om die proses aan die gang te kry, Amia die jongste in die gesin en Riane die derde dogtertjie in die gesin is presies net soos hulle ouma en daarom is daar baie simpatie van ouma se kant af. Ouma kom teen die trappe opgestap en sy probeer alles in haar vermoë om heeltemal wakker te lyk “ hello julle” se sy, dit is haar manier om te sê ek is ook hier.

Rianni is ook gewoonlik nie te laat op nie, veral as die Gauteng stress eers bietjie uitgewerk is, sy word gegroet met `n koppie koffie en dan begin die Stilbaai huis lewe kry, as Riane’ en Amia eers op is, dan is almal op en dan kan die dag begin.

Chenne’ die oudste van die vier dogtertjies, is deesdae die aktiewe een en dissipline loop sterk in die are, in die oggende word daar gedraf en as gevolg van haar lae windweerstand en fiksheid doen sy dit goed, oupa Adriaan moet saam fietsry as sy draf  en dan kry hy ook sommer oefening in.

Pak vir die strand

As die wind die oggend bietjie laat slaap dan moet die Lootsies vroeg beweeg om strand toe gaan vir die dag,
“Waarheen gaan ons vandag “ vra oupa Adriaan, want op Stilbaai is daar verskillende opsies, daar is lappiesbaai, die hoofstrand op Stilbaai wat gewoonlik baie besig is in Desember en die plaas Lootsies hou nie van te veel mense om hulle nie, daar is die kinderstrand, die rivier of duik by die viskrale.
“Wat van ons gaan duik by die Viskrale” sê vra pa Hennie, hy het eintlik klaar besluit en soek net ondersteuning vir sy voorstel.
Nou begin dinge beweeg en daar is min simpatie vir Amia wat besig is om wakker te word.
“Het iemand my duikbril gesien?” vra Riane`  “ kyk waar jy hom laas neergesit het” sê oupa en begin laai aan die groot pakkasie.
Grootoupa Hennie was so man wat kon pak, en nie sommer net so nie, hulle gesin het ook altyd gaan kamp en gewoonlik erens in die boendoes, so die gepakkery loop sterk in die are.
Dan word daar met mening gepak vir die dag, elkeen moet sorg vir sy eie handdoek en duikbrille want daar word nie sommer terug gery om iets te kom haal nie.
Die kos is die groot ding, en ouma Ria is die sleutel persoon, sy glo daar moet genoeg gepak word en tee en koffie is `n moet, so daar moet vlesse met warm water wees,  Rianni het gou gaan broodtjies koop terwyl pa Hennie en oupa pak.
Deesdae gaan dit makliker want alles word sommer op oupa se bakkie gelaai, almal is nou reg vir aksie “het jy die stoele onthou” vra ouma, elkeenhet sy eie stoel, die pienke vir Riane, die blou een vir Amia en so kan ons aangaan.

Duik by die Visvywers

By die visvyvers aangekom is dit die groot aflaai en kamp opslaan, en regmaak vir die groot dag, ouma Ria en Rianni swem nie eintlik nie en sit maar daar rond , maar die res is reg vir die groot snorkelduik.

By die visvywers kan `n mens lekker diep ingaan sonder om te vrees dat die plat honde met die groot tande jou gaan bykom, dan begin `n klein paradys voor ons oë oopgaan, visse en veral kolsterte kom in hulle honderde voor. Hennie draai die klippe om en dan kom  die Kolsterte, Elwe, Rooi-romans en nog kleiner soorte vispesies nader om die ontblote areas te deursoek vir aas.
“Kan ek vir julle almal tee ingooi” vra ouma toe die honger ons kamp toe dryf, en dan word daar allerlei lekker eetgoed uitgehaal en die fees begin, lank voor middagete is daar al goed weggelê aan aan die middagete se kossies en drinkgoed. Nou begin almal soos `n klomp werfhoenders nesskrop in die sand en `n oggendslapie so op die sand is deel van die program, na `n lekker slapie word Hennie wakker en die slaap merke lê soos klein ploegvore  op sy gesig en dan is die honger weer van voor af daar.

Jongensfontein

Op Jongensfontein is daar die lekkerste swenmgat en die braaiplekke het ook houtdakkies wat help vir die Desember son,  “ons plek is oop” se oupa en verduidelik eers dat as dit nie vir hom was nie, sou al die plekke al vol gewees as dit nie vir hom was wat almal betyds uit die huis gekry het nie ,al is daar amper nog nie mense by die swemgat nie voel hy baie goed oor die oop plek.
Middag ete is dit worsbraai en roosterkoek, `n nuwe tradisie onder die valies, en `n eie kultuur word sommer net daar geskep, en die vuurmaak en braai is deel van die lekker kuier op Jongensfontein.


En dit is ons Stilbaai storie


Adriaan





           
           


  












No comments:

Post a Comment